Skip to content

Opening book details…

Can I read Die naamlose on EtoBox?

Die naamlose by Mariël le Roux is a book available to read on EtoBox.

What is Die naamlose about?

Haar pa se hand om die glas, dit onthou Carli beter as sy gesig. Tog is haar lewe op Grootvlei in haar geheue ingebrand: die donker plaashuis, kleintyd se spoke, Ouma Sarie, Lena en die katkoppie, wat sonder om ’n vinger te lig die mense wat sy nodig gehad het met hom saamgesleep het. Alleen by die rivier, net hulle twee saam, het Ma Bella stories vertel. Eendag-op-'n-reëndag, het sy gesê, gaan ons vir my familie kuier, tante Sophia en neef Allesandro, in annerland wat soos 'n stewel lyk.Maar nou lê Ma Bella en die katkoppie in Grootvlei se kerkhof, en haar pa in die dorpshotel, en Dora van anderkant die grootsloot sorg vir Carli totdat Oudominee en die vrou van die Welfare met die kinderhuis dreig en haar op die plaas kom haal. In die pastorie op die dorp gaan Carli uit Dora se hande in Evelyn s'n oor. En sy het nog altyd vir Wimpie, Dora se Wimpie, wat haar dae bly inkleur. Maar Wimpie het sy eie krisisse, en op hul laaste dag by die rivier weet Carli: haar dae op Grootvlei is verby. Met Ma Bella se baadjie oor haar arm klim sy tussen die kanne agter op die melklorrie. En jare later is die gat in haar hart steeds nie toegegroei nie.

Author
Mariël le Roux
Publisher
Tafelberg-Uitgewers
Published
2017
Language
AF
ISBN
9780624049111
Subjects
Fiction

Other editions & translations

More by Mariël le Roux

Browse all works by Mariël le Roux

Similar books