Skip to content

Opening book details…

Can I read Dieners En Donners on EtoBox?

Dieners En Donners by Mike Nicol is a book available to read on EtoBox.

What is Dieners En Donners about?

Hulle kom in die straat opgery in 'n babakakgeel Ford Granada, stadig, verspied die omgewing soos hulle ry. 'n Fluistering van uitlaatgas. 'n Gegrom deur 'n gat uit die verroeste dieptes van die uitlaatpyp. Vier mans in die motor, almal dra donkerbrille. Die bestuurder dra renjaerhandskoene, olyfkleurige renjaerhandskoene. Die ding van hom, sy gesig is enorm en rooi -hy is bekend as die Visserman. Die man agter hom leun terug, sy gesig in skadu gehul. 'n Sigaret wat oor sy onderlip hang. 'n Sigaret wat hang asof hy daardeur asemhaal. Hy het die waansinnige, wilde, blonde hare van 'n branderplankryer. Die vingers van die een in die passasiersitplek is ineengestrengel, maar nie in stille gebed of diep besinning nie. Die man agter hom se glimlag lyk stram, aangeplak -sy arm by die venster uit, 'n glimmende karbonkel van 'n ring aan elke vinger. Hulle brom op 'n slakkepas die straat af in hul babakakgeel Ford Granada. Die mans dra elkeen 'n Browning HP, aangepas vir opskroefknaldempers. Spesifiek vir die opdrag uitgereik. Die een met die Tande dra ook 'n Italiaanse stiletto, sy wapen van keuse. Hierdie een, 'n negeduim-lem met 'n hef versier met perlemoenskulp. Pas seepglad in sy intel

Author
Mike Nicol
Publisher
Umuzi (Random House Struik)
Published
2013
Language
AF
ISBN
9781415205587

More by Mike Nicol

Browse all works by Mike Nicol

Similar books